Pyplyn maak Amerikaners paniekerig

Die Amerikaanse regering sê hy werk onverpoosd om die brandstoftoevoer in die Colonial-pyplyn weer aan die gang te kry. Die pyplyn, wat sowat 45 persent van die brandstof aan die ooskus verskaf, is nou al vir 5 dae weens ‘n kuberaanval afgesluit. Drie state – Noord-Carolina, Virginia en Florida – het noodtoestande afgekondig weens ‘n tekort aan brandstof. Die land se Energieminister, Jennifer Granholm, het Amerikaners versoek om nie brandstof op te gaar nie en gesê prysuitbuiting sal nie geduld word nie: