Speaker kanselleer mosie van wantroue teen Mpho

Die speaker van die Johannesburgse raad, Colleen Makhubele, het Donderdag se beplande wantroue-debat teen die stad se burgemeester, Mpho Phalatse, gekanselleer. Makhubele sê die mosie is ontoelaatbaar omdat die ANC dieselfde mosie voorgestel het wat hulle voorheen gebruik het. Die programkomitee sal nou vergader om die ANC se voorstel te heroorweeg. Phalatse is bekommerd oor die gereelde indiening van mosies teen haar: