Engeland stoei met voëlgriep

Die Britse regering het opdrag gegee dat alle pluimvee en voëls in aanhouding in Engeland van Maandag af onderdak moet bly in ‘n poging om die verspreiding van voëlgriep te keer. Dit is die grootste uitbreking ooit in dié land. Die Verenigde Koninkryk se Gesondheids-veiligheidsagentskap sê die voëls moet nou volgens wet binnenshuis bly nadat die siekte skerp toegeneem het onder wilde voëls. Die Verenigde Koninkryk se hoof-veearts, Christine Middlemiss, sê voëleienaars sal streng bioveiligheidsmaatreëls moet nakom. Dit sluit in die ontsmetting van klere, skoene en toerusting. Daar moet ook rekord gehou word van vrektes.