Speaker is tevrede met Calland op Phala Phala-paneel

Die speaker van die Nasionale Vergadering in Suid-Afrika, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, sê sy bestudeer regsadvies oor die insluiting van professor Richard Calland op die onafhanklike paneel wat die Phala Phala-skandaal ondersoek. Die paneel bestaan verder uit oud-hoofregter Sandile Ngcobo en oudregter Thokozile Masipa en hulle moet besluit of daar rede is om met ‘n ampsklagondersoek teen President Cyril Ramaphosa te begin. Die DA en die EFF verwerp Calland se aanstelling en beskuldig hom dat hy polities ten gunste van Ramphosa is. Mapisa-Nqakula sê sy is tevrede met die paneel: