Boucher sê hy hou duim vas vir Proteas in T20

Die Protea-afrigter Mark Boucher hou vol sy nuwe rol in die Indiese Premierliga verander niks aan sy begeerte om Suid-Afrika na ‘n oorwinning te lei in die T20-wêreldbeker wat volgende maand in Australië plaasvind nie. Hy het onlangs aangekondig hy tree uit as die Proteas se hoofafrigter om die Mumbai Indians in die IPL af te rig. Boucher sê hy sal voortgaan om die spelers alles te gee om die beste uitslag in die Wêreldbeker te behaal: