Olie: Miljarde vate waarskynlik aflandig van Namibië

Tom Alweendo, minister van energie van myne, sê die olie-ontdekkings aan die kus van Namibië deur twee oliemaatskappye, TotalEnergies en Shell, is waarskynlik in die miljarde vate van kommersiële waarde, met produksie wat oor vier jaar verwag word. Alweendo het by ‘n olie-konferensie in Dakar, Senegal, gesê die maatskappye wil seker maak dat hulle weet watter presiese hoeveelhede olie daar is, voordat hulle hulself tot produksie-beleggings verbind. Die ministerie se petroleum-ekonoom Abednego Ekandjo gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor wat die pad vorentoe ná die bevestiging van die kommersiële waarde van die olie-ontdekking.