Spanning oor nuwe leierskap by Pan-Afrika Parlement

Die Pan-Afrika Parlement in Midrand, Johannesburg, sal na verwagting vandag vir ‘n nuwe leierskap stem te midde van spanning oor die verkiesingsproses. Dit volg nadat chaos gister uitgebreek het toe onderonsies tussen sommige lede fisies geraak het. Die huis moes verlede Donderdag sluit nadat een van die lede positief getoets het vir Covid-19. Die EFF-leier Julius Malema het ook verlede week onder skoot gekom nadat hy na bewering die lewe van ‘n verteenwoordiger van Mali bedreig het. Die leier van die Popular Democratic Movement, McHenry Venaani, woon die die Pan-Afrika Parlement by. Die Namibiese eerste minister Saara Kugongelwa Amadhila gee haar mening aan Kosmos 94.1 Nuus