Spanning bou op tussen China en Taiwan

Taiwan het die jongste Chinese lugmag-oefeninge in die Straat van Taiwan veroordeel. Die land se ministerie van verdediging sê hy het nege Chinese vegvliegtuie en ‘n militêre hommeltuig opgemerk wat die nie-amptelike grens tussen die twee lande oorgesteek het. Spanning is besig om op te bou oor die moontlikheid dat die Taiwanse President Tsai Ing-wen met die Amerikaanse speaker van die huis van verteenwoordigers Kevin McCarthy kan vergader. Tsai besoek lande in Sentraal-Amerika en sal op pad terug na Taipei na verwagting vir McCarthy in Los Angeles besoek.