DA moet leidende rol speel in post-ANC SA

Die nuwe leier van die DA word vanoggend tydens sy federale kongres in Midrand verkies. Die kandidate is John Steenhuisen en Mpho Phalatse. Die party se sowat 2 000 afgevaardigdes sal vroegoggend hul stemme uitbring met behulp van ‘n elektroniese stelsel. Steenhuisen, die huidige DA-leier, beloof om ‘n klinkende oorwinning vir sy party in volgende jaar se algemene verkiesing te behaal, sou hy as die party se federale leier herkies word. Hy voer aan die DA moet ‘n leidende rol speel in die opbou van ‘n post-ANC Suid-Afrika.