Rugby: Stormers en Haaie seëvier in Kampioene-beker

Rugby: Die Stormers het ‘n oorwinning van 32-28 in hulle Kampioenebeker-kragmeting teen die Engelse klub Harlequins in Kaapstad behaal en sodoende hulle plek in die kwarteindronde van die kompetisie verseker. Die uitslag van vandag se wedstryd tussen Exeter Chiefs en Montpellier sal bepaal wie die Stormers se teenstanders die naweek gaan wees. Die Haaie het ook met ‘n sterk aanslag hulle plek in die kwarteindronde verseker met ‘n oorwinning van 50-35 teen Munster. Die Haaie kom óf teen Toulouse óf die Bulle te staan, afhangend die uitslag van dié twee spanne se kragmeting vandag.