Span onderweg na Kenia helikopter ongelukstoneel

Kenia se regering het ‘n span gestuur om ‘n helikopter ongeluk te ondersoek wat die lewe van militêre hoof Generaal Francis Ogolla en nege ander geëis het. Die helikopter het in die weste van die land neergestort kort na opstyging en ‘n dringende vergadering van die Nasionale Veiligheidsraad is byeengeroep. Die Afrika-unie-kommissie betuig medelye met Kenia, aangesien die beamptes op ‘n sending was na die bandiet-geteisterde Noordelike Skeurvallei- streek om die uitdagins aan te spreek.