Shell se eksplorasie lewer goeie nuus

Shell het aangekondig dat hy koolwaterstof gevind het in sy sesde put wat hy in sy eksplorasie gebied PEL 39 in die Oranje-bekken geboor het. Die olie-reus het reeds vyf putte, onder andere Graff, Jonker, La Rona en Lesedi geboor en het nou begin by sy Enigma 1X-put met die Deapsea Bollsta. In ‘n verklaring sê die maatskappy dit is te vroeg om te bepaal of die bronne kommersieel ontgin kan word. Daar is in Januarie berig dat  Shell reeds ‘n half miljard vate olie in PEL 39 ontdek het.