SA Polisiediens begin met opleiding

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het die werwing vir die eerste groep van tien-duisend beamptes vir die 2024/2025-boekjaar afgehandel. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die eerste groep van vier-duisend-500 studente sal Maandag met hul opleiding begin. Die tweede groep van vyf-duisend-500, sal in Januarie volgende jaar begin. Mathe sê meer as een-miljoen aansoeke is vir hierdie werwingsiklus ontvang.