Mboma pronk op Marathon-suiker

Wanneer jy jou pakkie Marathon-suiker koop, sal jy nou ons liefling naelloper Christine Mboma op die nuwe verpakking sien. Jenevieve Fish, die senior handelsmerkbestuurder by Bokomo Namibië sê hulle ondersteun reeds sewe jaar vir Mboma en dit was ‘n natuurlike stap om dit verder te vat.