SpaceX lanseer sy lae-aarde-baan-satelliete

SpaceX het sy konstellasie van lae-aarde-baan-satelliete uitgebrei met die lansering van 53 Starlink-satelliete vanaf Florida in Amerika.Die satelliete is sowat 16 minute ná die vuurpyl se lansering vrygelaat en is ontwerp om internettoegang regoor die wêreld ‘n hupstoot te gee, en was ook gisteraand en vroeg vanoggend hier sigbaar. Starlink is ‘n satelliet-gebaseerde globale internetstelsel wat SpaceX al jare lank bou om internettoegang na gebiede van die wêreld te bring wat sukkel met voldoende diens.