Desert to Power onder die loep by Cop26

Die president van die Afrika-ontwikkelingsbank, Akinwumi Adesina, het die wêreldverhoog van Cop26 gebruik om steun vir die vaandeldraer-projek, Desert to Power, te werf. Dit het ten doel om sonkrag aan 250-miljoen mense in elf lande in die Sahel te verskaf. Die projek het onlangs konsessie-finansiering van 2,3-miljard-rand van die Groenklimaatfonds ontvang en ‘n skenking van 307-miljoen-rand van Swede. Desert to Power is die Ontwikkelingsbank se hernubare energie- en ekonomiese ontwikkelingsinisiatief om die Sahel-streek van krag teen 2030 te voorsien deur die bou van sonkrag-energiestelsels.