Spaanse hof vra verdere ondersoek na Dos Santos se dood

’n Spaanse hof het beslis dat bykomende forensiese ondersoeke na die dood van die voormalige president van Angola, Jose Eduardo dos Santos gedoen moet word en dus kan sy oorskot nog nie na Angola vervoer word nie. Die beslissing kom  na aanleiding van ‘n klagte deur sy dogter, Tchizé dos Santos, dat daar moontlik ’n sameswering was om sy lewe te beëindig. Die oorpsronklike lykskouing dui op natuurlike oorsake. Dos Santos is op die ouderdom van 79 op 8 Julie in Katalonië in Spanje dood na ‘n lang siekbed, maar geen besonderhede is bekend gemaak nie.