Besoedeling op SA se kuslyn bedreig mariene-diere

Die Twee Oseane-akwarium se Opvoedingstigting waarsku hoë besoedelingsvlakke van die Suid-Afrikaanse kuslyn hou ‘n bedreiging vir beskermde seegebiede in. Die stigting se woordvoerder, Judy Mann, sê die beskermde gebiede begin ly onder die nadelige uitwerking van menslike bedrywighede. Mann doen ‘n beroep op die regering om meer beskermde kusgebiede skep waar seelewe kan floreer, groei en sonder menslike inmenging kan gedy.