Spaanse apteker vas vir vals Covid-verslae, en vlugte

‘n Apteker in El Ejido in die suide van Spanje is in hegtenis geneem op klagte dat hy vervalste negatiewe Covid-toetse verkoop het aan reisigers na Marokko. Die 24-jarige man het die sertifikate vir 130 euro, ongeveer 2 260 Namibiese doller verkoop. Die sertifikate het hulle benut om kaartjies te koop om Marokko te besoek, en die kaartjies is ook by sy reisagentskap aangeskaf. Tot dusver is hy vas vir 7 sulke sertifikate maar owerhede sê die ondersoek duur voort. Namibië het ook so voorval gehad van ‘n Zimbabwiese burger wat by die Ministerie van Gesondheid gewerk het. Hy het skuldig gepleit, is beboet en gedeporteer.