Myeni Saterdag ter ruste gelê

Lindani Myeni se familie is besig met begrafnisreëlings nadat sy liggaam die naweek in Suid-Afrika aangekom het. Die voormalige rugbyspeler wat in KwaZulu-Natal gebore is, is verlede maand tydens ‘n rusie deur die polisie in Honolulu, Hawaii, doodgeskiet. Sy oorskot is met behulp van die KwaZulu-Natalse regering teruggestuur, wat ook beloof het om die begrafnis te help betaal. Daar word Donderdag ‘n gedenkdiens vir Myeni gehou en hy word Saterdag begrawe.