Plakkers by Distrik 6 verwyder

Die Stad Kaapstad het ‘n dringende inderdik in die Wes-Kaapse Hooggeregshof gekry teen die besetting van Distrik Ses. Die grond is geoormerk vir begunstigdes wat deur die apartheidsregering uit die gebied verwyder is. ‘n Woordvoerder van die Distrik Ses-werkskomitee, Karen Breytenbach, sê hulle kan nie die onwettige besetting goedkeur nie en sal veg vir eisers wat nie nog vertragings verdien in die proses om eiendom in die gebied te besit nie: