Soweto: 23 beseer in botsing

Altesaam 23 mense is beseer in ‘n botsing tussen ‘n bus en ‘n ligte motorvoertuig in Dobsonville, Soweto. Die woordvoerder van ER24, Ross Campbell, sê paramedici en beamptes van die provinsiale nooddiens het albei opgedaag en al die passasiers het buite die bus gesit of gestaan.