Kuslyn na oliestorting se skoonmaak moet nog voltooi word

Die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid sê ‘n bykomende vier kilometer kuslyn tussen Hougham Park en Sondagsrivier moet nog opgeruim word. Dit volg nadat 80 liter olie op 17 November by Algoabaai gestort is toe ‘n Kroasiese boot, die MV Solin, olie van die tenkskip Sea Express ingeskeep het. ‘n Woordvoerder, Tebogo Ramatjie, sê vier kilometer van Algoabaai se kuslyn is reeds skoongemaak. Die eienaar van die MV Solin betaal daarvoor.