Sowat 35% Amerikaners ingeënt

Die Amerikaanse President, Joe Biden, het die aankondiging van dié land se sentrum vir siektebeheer verwelkom dat mense wat volledig teen die Covid-virus ingeënt is, nie meer maskers hoef te dra nie, hetsy in ‘n gebou of buite. Sowat 35 persent van Amerikaners is reeds volledig ingeënt. Die direkteur van die sentrum, Rochelle Walensky, sê dié riglyn geld egter nie vir stampvol plekke soos openbare vervoer, gesondheidsinstellings, tronke en skuilings vir haweloses nie.