Aussie sportdirekteur stamp man van fiets af

Die Sportdirekteur van die Australiese fietsryspan BikeExchange, Gene Bates, is uit die Giro d’Italia verban nadat hy ‘n deelnemer met die spanmotor van sy fiets afgestamp het. Pieter Serry het geval nadat die voertuig hom van agter getref het. Die ryer van die span Deceuninck-Quick Step was besig met die laaste klim van die sesde skof. Bates en die ander mense in die motor het dadelik uitgespring om hom te help en hy kon uiteindelik die skof voltooi. Attila Valter van Hongarye is tans die algehele voorloper.