Old Mutual lei jeug op vir aandelebeurs

Old Mutual het ‘n vennootskap van drie jaar met die Namibiese Aandelebeurs gesluit om Namibiese jeug in kapitaalmarkte verhandeling op te lei. Die waarde van die borgskap vir die Namibiese Skoliere Beleggingsuitdaging is 200 000 Namibiese doller per jaar. Die uitdaging is in 1988 van stapel gestuur om universiteitstudente en leerders tussen graad 10 en 12 aan beleggings in aandele bekend te stel. Mauriza Fredericks, Kommunikasiebestuurder van Old Mutual gesels met Kosmos 94.1 Nuus.