NEFF vra terugvoering oor Botswana-kwessie in NV

Die Namibian Economic Freedom Fighters se parlementslid Ipumbu Kalimbo het vandag ‘n vraag oor die Botswana-kwessie in die Nasionale Vergadering gerig aan die minister van internasionale betrekkinge Netumbo Nandi-Ndaitwah. Ipumbu wou hê dat die minister terugvoering moet gee oor die stand van sake rakende die inwoners van Zambezi-streek wat ly onder die Botswana-weermag en in vrees langs die grens leef. Hy sê hierdie mense is selfs bang om rivier toe te gaan om te gaan visvang of net vir ontspanning. In die minister se afwesigheid, het haar adjunkminister, Jenelly Matundu, op die vrae gereageer.