Sossus-trein vandag bespreek

Daar word vandag ‘n vergadering by Sossusvlei Lodge gehou oor die beplande trein by Sossusvlei. Die trein was aanvanklik beplan vir die laaste vyf-kilometer waar net 4×4 voertuie kan beweeg maar nou wil Laban Kandume, van Sky Eye Tours & Hospitality ‘n besigtigingstrein, vyf meter bo die grond, sowel as ‘n helium-lugballon daarstel sodat toeriste die vlei van bo af kan geniet. Die minister Pohamba Shifeta het reeds toestemming gegee sou die erfenisraad dit goedkeur en nou moet ‘n impakstudie gedoen word. Die plan het tot dusver gemengde reaksie uitgelok en daar is verskeie menings in die verband daaroor gelig. Die gebied het reeds uitdagings met besoekers wat in die Dooievlei die ikoniese bome beskadig deur op hulle te klim en aan die takke te hang.