Sooibrand-medisyne help vir Covid… regtig!

Die jongste navorsing toon dat in ongeënte volwassenes met ligte tot matige Covid-19, het behandeling met ‘n hoë dosis van die teensuurmiddel famotidien gehelp met die verligting van simptome, sowel as inflammasie. Ongeveer die helfte van die 55 persone wat aan die proef deelgeneem het, het famotidien – die hoofbestanddeel in die gewilde oor-die-toonbank Pepsid-sooibrandmiddel – gehelp. Die dosis is drie keer per dag vir twee weke geneem. Pasiënte in die famotidien-groep het vinniger verligting van 14 van die 16 simptome wat in die navorsing bestudeer is, ervaar. Dit sluit die verlies van reuk en smaak, moeilike asemhaling en abdominale pyn in.