Regering moet aandag aan sprinkane gee in Noord-Kaap

Die Demokratiese Alliansie in die Noord-Kaap het ‘n dringende beroep op die Departement van Landbou gedoen om meer aandag te gee aan die sprinkaanplaag in die omgewing van Vosburg, Van Wyksvlei, Prieska, Marydale en Hopetown. ‘n DA-lid van die wetgewer, Reinette Liebenberg, sê distriksamptenare en werkers gemoeid met sprinkane sukkel weens verskeie uitdagings om die jongste plaag te beheer. Sy sê ‘n tekort aan behoorlike oorpakke en die swak gehalte van pompseëls hou gesondheidsgevare vir die amptenare in.