Sonneblomfonds sit N$2m opsy vir kinder-pasiënte

DKMS Africa, voorheen bekend as die Sonneblomfonds, het ‘n begroting van meer as 2 miljoen Suid-Afrikaanse rand vir die staatpasiënt-program goedgekeur om oorplantings vir agt pediatriese staatspasiënte onder die ouerdom van agt-jaar moontlik te maak. ‘n Woordvoerder sê dit sal die koste dek wat nie deur die openbare gesondheidstelsel gedek word nie. Dit sluit in die verkryging van ooreenstemmende, nie-verwante skenker-stamselle, asook die soektog na skenkers en die vasstelling van die pasiënt se DNS. Die betrokke oorplantingsdokters sal die pasiënte identifiseer en ‘n onafhanklike dokterspaneel sal die geskiktheid van skenkers bepaal. Dit is oor die algemeen goeie nuus vir Namibiërs ook omdat stamselbehandelings nie plaaslik gedoen word nie.