Ministeries sukkel met straatkinders

Straatkinders is weer ‘n uitdaging in die hoofstad. Die twee lynministeries, jeug en sport en geslagsgelykheid werk reeds ‘n geruime tyd om die kinders van die straat af te kry en te huisves of, soos in die geval van die nou bekende Gobabis-groep, weer by die huis te kry. Maar, soos die minister van jeug en sport Agnes Tjongarero verduidelik, bly dit ‘n onbegonne taak.