Sonkrag skep baie werk!

‘n Nuwe verslag oor Werk in die Sonkragbedryf in Suid-Afrika sê tussen 11 000 en 13 000 vaste werksgeleenthede kan teen 2030 in dié bedryf geskep word. Dit kan veral gebeur op die gebied van voorbereidings vir, en die ontwikkeling en oprigting van plaaslike sonkragprojekte. Die Hoof van die Energiesentrum by die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad Raad, Clinton Carter-Brown, sê die navorsing toon dat die sonkrag-waardeketting in die buurland reeds oor die afgelope dekade aansienlik uitgebrei het.