Sonke Gender Justice vra geslagsgeweld moet in staatsrede getakel word

Sonke Gender Justice sê hulle hoop President Cyril Ramaphosa sal die nasionale strategiese plan oor geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord tydens die staatsrede in werking stel. Die bestuurder van die groep se kommunikasie en strategiese inligtingseenheid, Given Sigauqwe, sê hulle wag vir die President om ‘n nasionale raad te verkies om die nasionale strategiese plan te monitor.

Sigauqwe sê hulle verwag van die regering om die geslagsgebaseerde geweld-programme te befonds: Speel klankgreep.