Keetmanshoop se water nog bruin

Keetmanshoop-inwoners sê hul water is nog steeds bruin. Dit volg nadat verskeie pypbreuke daartoe gelei het dat daar vroeër geen watertoevoer op Keetmanshoop was nie. Van die pype wat leeg geloop het, het modder en afval opgetel wat onderin gaan lê het. Dit moes eers skoongemaak word om te verseker vuil water nie in die munisipale stelsel inloop nie. Volgens NamWater was die plan om vanoggend om nege-uur weer met die voorsiening van water te begin, maar modder is steeds opgetel in die nuwe, inkomende vloei van die pyplyn van die Nautedam na Keetmanshoop-pyplyn. Skoon water sou vanmiddag in die reservoirs begin loop en dit sal nog ten minste 12 ure neem om te normaliseer. Die Keetmanshoop-munisipaliteit se skakelbeampte, Dawn Kruger, verduidelik.