Sonja Herholdt is Saterdag op Otji, en in Windhoek

Die geliefde Suid-Afrikaanse sangeres Sonja Herholdt besoek Namibië op uitnodiging van die Kankervereniging van Namibië. Sy sal die naweek eers Saterdagoggend op Otjiwarongo optree en dan Saterdagaand in Windhoek. Sy belowe sy gaan al haar bekende liedjies soos Ek verlang na jou by haar optredes sing.