Kandjeke: GRN slaag nie oudit nie

Die ouditeur-generaal Junias Kandjeke het ‘n gekwalifiseerde ouditmening vir die regering vir die 2020-2021 boekjaar gegee. Kandjeke sê ongeveer 1,1 miljard Namibiese dollar is onregmatig bestee, 60 persent meer as die oorbesteding in die vorige finansiële jaar. Die fondse is toegeken vir die bekamping van Covid-19. Onderwys het oorbestee met net meer as 623 miljoen dollar terwyl gesondheid amper 367 miljoen dollar te veel uitgegee het. Die president se kantoor het 1 miljoen dollar te veel bestee terwyl sport amper 2 miljoen dollar te veel bestee het.  Die regering se salarisstaat was ook 933 miljoen dollar meer as die gemagtigde 28,7 miljard dollar. Die ouditverslag dui nie aan op wat die fondse bestee is nie.