Namibië se vier mooistes verteenwoordig ons … oral!

Vir die eerste keer in Mej. Namibië se geskiedenis sal vier verteenwoordigers Namibië onderskeidelik op internasionale verhoë verteenwoordig. Die Mej. Namibië- titelhouers is gekies om Namibië te verteenwoordig by Mej. Heelal 2022, Mej. Wêreld 2022, en Mej. Aarde 2022, asook die Mej. Tiener Internasionaal 2022. Die 21-jarige Mej. Namibië 2022 Cassia Sharpley verteenwoordig Namibië by Mej. Heelal 2022, Mej. Namibië se eerste prinses, die 26-jarige Leone van Jaarsveld gaan na Mej. Wêreld 2022 toe en Mej. Namibië se tweede prinses, die 23-jarige Diana Andimba gaan Namibië verteenwoordig by Mej. Aarde 2022. Mej. Tiener Namibië, die 17-jarige Zoë Karsten gaan die land by Mej. Tiener Internasionaal 2022 verteenwoordig. Beaulah Boois-Beukes, NBC se korporatiewe kommunikasie-bestuurder gesels met Kosmos 94.1 Nuus.