Sonder mense is daar geen demokrasie nie

Die Namibiese minister van stedelike ontwikkeling, Erastus Uutoni is van mening dat die deelname van die burgerlike samelewing van kritieke belang is om demokrasie te bevorder. In sy mening, moet all besluitnemings-prosesse die publiek insluit. Uutoni sê dit is veral belangrik tydens verkiesings omdat dit somtyds die enigste geleentheid is vir gemarginaliseerde gemeenskappe om hulle stemme te laat hoor. Daarom sê hy, is die publiek se vertroue in vekiesingskommissies broodnodig sodat deelname bewerkstellig word. Kiesersapatie is een van die grootste uitdagings in die Suider-Afrikaanse streek en dit kom na vore wanneer kiesers nie glo hulle stemme kan enigiets verander nie. Uutoni sê sonder die deelname van burgerlikes, kan daar geen demokrasie wees nie.