Krediet aan die privaatsektor krimp in Augustus

Privaatsektor kredietverlening het gedaal na 3,1 persent in September vanjaar teenoor 4,6 persent wat in Augustus aangeteken is. Maar, vergeleke met die 2,9 persent wat verlede jaar aangeteken is, is dit die beste syfer sedert September 2019. Die total skuld het op ‘n jaargrondslag met 4,3 miljard Namibiese dollar gegroei en met 351 miljoen dollar op ‘n maandelikse basis, tot ‘n totaal van 109,5 miljard Namibiese dollar. Die goewerneur van die bank van Namibië, Johannes !Gawaxab het onlangs sy kommer uitgespreek oor die lae opname van krediet wat ‘n aanduiding is van dalende ekonomiese aktiwiteit.