Sommige matrieks in SA kan oorskryf na ‘ontwrigtings’

Die Departement van Basiese Onderwys in Suid-Afrika sê die Nasionale Seniorsertifikaat-eksamen eindig Donderdag. Dit is omdat geleentheid geskep word dat sekere vakke ná ontwrigtings in sekere dele van die land oorgeskryf word. Die departement se woordvoerder, Elijah Mhlanga, sê hulle het gedurende die eksamen versoeke ontvang dat sommige kandidate toegelaat word om sekere vakke oor te skryf. Hy sê beurtkrag, gemeenskapsbetogings en oorstromings is van die redes wat provinsiale onderwysdepartemente as redes hiervoor aangevoer het: