EU het kommer oor Biden se inflasie-bekampingsplan

Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê die Europese Unie moet die verdraaiings aanspreek wat die Amerikaanse Wet op Inflasievermindering veroorsaak. Die Amerikaanse President Joe Biden noem die wetgewing die land se mees aggressiewe optrede nog om die klimaatkrisis teen te staan. Europese bondgenote het egter gekla dat maatreëls soos belastingkrediet en subsidies vir produkte soos elektriese voertuie, aan Amerikaanse ondernemings ‘n onregverdige voordeel bied. Von der Leyen sê die gevaar bestaan dat die wetgewing tot onregverdige kompetisie kan lei: