Sommige krane vandag in Windhoek droog ná pyp bars

Stad Windhoek waarsku dat water-onderbekings in sekere gebiede soos Okuryangava en Hakahana in Katutura steeds vandag sal voortduur weens ‘n pyp wat tydens die reën gebars het. Herstelwerk is aan die gang. Daar sal vir die grootste deel van vandag geen water in die geraakte gebiede wees nie en inwoners word aangeraai om alternatiewe reëlings te tref om water te kry gedurende hierdie tydperk.