Napso uiters tevrede met IEB-uitslae

Die Namibiese Privaatskole Organisasie, Napso, is uiters tevrede met die uitslae van die 167 Namibiese leerders wat die Internasionale Sekondêre Sertifikaat-eksamens van die Onafhanklike Eksamenraad, die IEB, geskryf. Drie Namibiërs het uitstekende prestasies behaal wat binne die top-vyf persent van kandidate in ses of meer vakke 80 persent of meer behaal het. Die drie is Gerhard Koen van Privaatskool Keetmanshoop, Marion Botma van Privaatskool Elnatan en Juan Botha van Windhoek Afrikaanse Privaatskool. Verskeie Namibiese privaatskole het ook ‘n 100 persent-slaagsyfer behaal. Wouter Niehaus, uitvoerende hoof van Napso, sê dit is ‘n eer om ’n internasionaal-geakkrediteerde kwalifikasie in Afrikaans te kan aanbied.