Ramaphosa lewer sy Kersboodskap aan SA

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika is ‘n wonderlike land en sal teëspoed oorkom, soos dit al soveel keer in die verlede gedoen het. In sy Kersboodskap aan die nasie sê Ramaphosa wanneer mense besin oor die uitdagings en prestasies van die afgelope jaar, moet hulle met hoop en vasberadenheid na die nuwe jaar kyk. Hy sê Suid-Afrikaners is mense van optimisme wat as ’n nasie volhard en nooit moed op gee nie. In sy twiet wens hy die land ‘n gelukkige en veilige feestyd en ‘n voorspoedige nuwe jaar toe.