Somer-Vrydae laat werkers gelukkig voel
Die idee van Somer-Vrydae verbeter volgens ‘n opname mense se werkservaring en laat hulle baie gelukkiger voel. Ondernemings het begin om byvoordele in te stel wat werkers van tyd tot tyd in die somer ‘n dag of ‘n half-dag afgee. Meer as agt uit 10 van die werknemers wat ondervra is, het ‘n positiewe reaksie op die idee getoon. Die opname, vir die Amerikaanse sagteware-onderneming Wisetail, het ook bevind 73 persent van die werkers sê koeler temperature en helder blou lug maak hulle meer produktief, en hulle doen hul beste werk in die lente.