Solidariteit vra Universiteit van Kaapstad moet herbesin oor verpligte inentings

Solidariteit het die Universiteit van Kaapstad gevra om sy besluit terug te trek om voorlopig ‘n voorstel te aanvaar dat alle studente en werkers van volgende jaar af teen Covid-19 ingeënt moet wees. Die vakbond meen die beleid is onwettig, diskrimineer teen studente wat nie inentings wil kry nie, en stel die lewensbestaan van die personeel in gevaar. Solidariteit sê dis te laat in die jaar om die beleid in te stel, en beskryf dit as irrasioneel en onregverdig.