Kommissaris van vlugtelinge skuldig bevind aan moord

Die kommissaris van vlugtelinge in die ministerie van binnelandse sake, Likius Valombola, is vanmiddag deur Regter Claudia Claasen in die Windhoek hoërhof skuldig aan moord bevind. Sy borgtog is teruggetrek. Valombola sal nou in die Windhoek Korrektiewe Fasiliteit vir sy vonnis wag nadat hy die studenteleier Helao Ndjaba in Mei 2018 doodgeskiet het.