Soektog na vermiste ma en baba van Rehoboth eindig in tragedie

Die soektog na ‘n vermiste ma en haar baba van Rehoboth het in ‘n tragedie geëindig. Hulle is sedert Maandag vermis. Die eenjarige babameisie is dood by Bethanie in die Karas-streek gevind en die ma word nog steeds vermis. Die familie is vanaf Rehoboth op pad na Bethanie om die oorledene se liggaam te identifiseer. Volgens Namibian Marshal Ranger Sean Naude het die ma glo ‘n mislukte poging aangewend om haarself te hang. Die soektog na die vermiste ma duur voort. Naude het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.