Solidariteit ingenieurs wat Kubane kan vervang

Die vakbond Solidariteit het ‘n lys van 120 gekwalifiseerde ingenieurs bekend gemaak wat bereid is om Suid-Afrika se waterkrisis op te los in plaas van die Kubaanse ingenieurs wat die regering wil huur. Die Minister van Menslike Nedersettings, Water en Sanitasie, Lindiwe Sisulu, het hul besluit verdedig en gesê die Kubaanse ingenieurs sal help om die storting in die Vaalrivier op die grens tussen Gauteng en die Vrystaat op te klaar. Die vakbond sê egter dit is onredelik om buitelanders te kry terwyl daar ‘n 33 persent werkloosheidsyfer in die land is. Hy is verder onseker of die Kubane geregistreer is om in Suid-Afrika te werk.